Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.
HALLO, KUIER-LESES!
ONS LESERS Vertel... • Sy reis van rugbyspeler tot wynmaker wys as een deur toemaak, kan dit lei na nuwe drome
Gretchen vind krag in kwesbaarheid • Agter dié bekroonde Skemergrond-aktrise se skaam glimlag lê ’n storie van verlies, geloof en veerkragtigheid. Van haar kinderjare in Vredenburg tot haar onlangse geloofsgetuienis en oorseë rooi tapyte, loop haar lewenspads vol onverwagse wendinge. Gretchen Ramsden gesels oor die impak van haar pa se afsterwe, haar egskeiding, en hoe sy haar eie pad na genesing en sin vind
DIE HART VAN DIE SAAK • 'n Surrogaatma se besluit om die siek fetus in haar baarmoeder se lewe te red, het die wêreld aangegryp en 'n hartverskeurende regsstryd ontketen. 'n Kenner weeg in oor rondom surrogaatskap in Suid-Afrika
SY HET OPGESTAAN – NOU HELP SY ANDER • Uit haar eie gebrokenheid is ’n roeping gebore wat nie net haar genees en bemagtig het nie, maar ook al meer as ’n dekade ’n vuismoos vrouegemeenskap help om hul voete te vind en hul potensiaal uit te leef
OM TE HERBOU NÁ DIE VAL • Sy moes vanuit 'n hospitaalbed haar groot liefde en die pa van haar drie dogters groet – en toe vrou-alleen die leisels van 'n plaas oorneem en uit groot verlies 'n nuwe lewe bou
"'N STORIEBOEK VIR MY KIND SE VELTOESTAND' • Kleintyd het sy weggekrui vir nuuskieriges se blik. Nou staan sy trots danksy 'n inspirerende prenteboek wat haar ma oor haar veltoestand geskryf het
CAYLIN SKOPBOKS HAAR WENPAD OOP • In ’n kwessie van ’n paar maande het sy meer vermag in skopboks as wat die meeste vegters in ’n paar jaar regkry. Sy verskuif grense in dié sport en gaan binnekort Suid-Afrika in Egipte verteenwoordig
EET GESOND • Die dieetkundige Claire Julsing Strydom met haar meer as twee dekades se ervaring glo ons kan gesond leef én steeds lekker eet. In haar nuwe kookboek, Making Healthy Happen, wys sy hoe jy leefstylveranderinge kan maak en maklike hacks ontdek om 'n gesonde bord kos voor te sit
SKONE SLAAP • Gee jou beauty sleep daai ekstra boost met 10 staatmaker-produkte wat werk terwyl jy slaap
SKOONHEID
NETWERK24 | KOOK • Netwerk24 Kook is hier!
VRA VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad
DIE MOETS EN MOENIES VAN KONTAKLENSE • Ons ondersoek die gevare wat kan skuil in die verkeerde gebruik van kontaklense en ’n kenner gee raad oor hoe om dit veilig te gebruik
LOREN SE VELE HOEDE • As ’n aktrise, regisseur én intimiteitskoördineerder is dié go-getter besig om haar unieke paadjie in die vermaakbedryf uit te kerf
NET 3 – EN REEDS DEPRESSIEF • Depressie neem ál skerper toe onder selfs die jongste kinders. Dít is waarna jy moet oplett
VIR JOU KYKLYS • 'Ouboet' van Orkney Snork Nie maak weer 'n draai op TV – én Molly en Wors! En ons kyk watter oorsese reekse en flieks trend nou aanlyn
KARMASPEL • Jare nadat haar beste vriendin haar aanstaande afgevry het, versoek Monica ’n ontmoeting – en Liezl leer dat karma sy eie tyd hou
WAT DIE HART VAN VOL IS • Moederskap is ’n gawe wat jou beste self na vore kan bring, maar eers moet jy as ma jou eie bekertjie volmaak . . .