Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.
Kerswense • Nog 'n jaar is op sy einde en 'n nuwe een wink. Ons hoor by 'n paar bekendes en Kuier-lesers wat hul wense is vir die feestyd
KOM TOT RUS • Net soos die aarde het jou sielswêreld stilte nodig om te groei
GEESTELIK
CHESLIN SE GROOTSTE WEN: TUIS BY SY LAYLA EN HUL KINDERS • Ná 'n dekade oorssee vertel Suid-Afrikaanse rugby se goue paartjie, Cheslin en Layla Kolbe, oor sy skuif terug Kaap toe, hul eerste Kersfees op eie bodem met die kinders, en hul groot drome en planne op persoonlike en beroepsvlak
JOHNNY DAVIDS SE WEDUWEE VERTEL: 'SES MAANDE NÁ SY DOOD STERF MY MA • Net 'n halfjaar ná haar man se skielike dood moes Liezel Davids ook haar geliefde ma groet
'GOD IS OOK IN DIE STORMS' • Wat eers as 'n onskuldige kuggie by haar ses weke oue baba begin het, het in een van die grootste uitdagings ontaard wat Noëlle Booysse en haar gesin sou moes troef. Sistiese fibrose is by klein Luke gediagnoseer, en hoewel hul reis met die siekte ver van verby is, gebruik dié ma hul ervaring om ander te bemoedig
TIKTOK-SEUN: 'EK MOES BAIE VINNIG GROOTTRAAK' • 'n Matrikulant wat alleen bly en sy ervarings op TikTok deel, het followers se harte aangeraak. Hier deel hy sy reis
'VYF SEKONDES VAN MOED EN DIE WÊRELD IS JOUNE' • Agter die selfversekerde stem van dié rugbykommentator skuil daar 'n storie van drome wat groter as vrese is
ROBIN: 'DIE PYN AGTER MY GLIMLAG' • Tien jaar lank vermaak hy al gehore van die Kaap tot Dubai, maar privaat het dié gewilde Kaapse sanger 'n stil stryd teen depressie en 'n verslawing aan slaappille gevoer
KERSLEKKERTE • Dis festive hie’ buite, Kuier-familie! Dis gesinstyd, tafels wat kreun onder die lekkertes, en samesyn oral. Herman Lensing, aanbieder van die kosreeks Herman se Kerstafel op VIA, dek hier sy tafel vir die feestyd en deel ’n paar heerlike resepte wat ook jòu Kerstafel oor hierdie tydperk ekstra besonders sal help maak
JOU OORLEWINGSGIDS VIR DIE FEESGETY • Ons gee raad oor alles festive, van tuisgemaakte geskenkies tot tradisies wat die gesin hegter aan mekaar bind – selfs padveiligheid en hoe om te onthaal soos ’n pro
VRA VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad
VERBREEK DIE YSIGE STILTE OOR WARM GLOEDE • Minder stilte en meer gesprekke is nodig rondom menopouse, voel dié twee bekendes. Hulle deel hier hul ervarings en ’n kenner weeg in
VAKANSIEROMANSE – HOE OM DIT TE GENIET ÉN JOUSELF TE BESKERM • Voor jy begin lugkastele bou, is dit goed om meer te weet oor vakansieromanses se voor- en nadele. Hier is nuttige wenke om die situasie te benader
BLY SÓ GOEIE VAKANSIEVRIENDE • Die feestyd saam met vriende kan ’n onvergeetlike tyd wees vir nuwe herinneringe maak. Dis egter ook maklik om ’n uitval of stille oorlog te hê oor wie waarvoor moet betaal. Dié sewe wenke kan julle help om die vrede te bewaar
OORLEEF SÓ TOT DIE VOLGENDE PAYDAY • Dis geskenke, braais en kuier waar jy kyk dié festive, maar jou bankbalans kreun. 'n Randrek-guru sê hoe jy fees kan hou sonder 'Januwories'
DIE PROBLEEM MET PLAKKIES • Die somer is hier en dis tyd om jou gemaklike plakkies nader te trek. Maar het jy geweet dié skoene kan jou voete skade aandoen? 'n Voetheelkundige vertel meer hieroor
WEES VEILIG BY WATER • 'n Lekker uitstappie see, dam of swembad toe kan in enige...